Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

Elders gesien: Frits Gaum, altyd hoflik en lojaal

$
0
0

Jean Oosthuizen skryf op Facebook:

Dit was en is ’n besige week by die Woordfees. Daarom het ek nog nie kans gekry om iets te skryf oor Frits Gaum se dood nie. Ek sal dalk later probeer om ietsie meer uit die hart te skryf.

Vir nou net dit. Frits was die man wat my destyds by Kerkbode aangestel het. Later jare het ons teologies al hoe meer verskil van mekaar. Maar altyd met wedersydse respek vir mekaar as mense.

Ons kon reguit daaroor praat. Selfs in die media het ons koppe gestamp. Eenkeer ook by ’n praatjie by die Silwerskermfees. Frits was ’n gentleman by uitstek, wat jy ook al van hom gedink het. Altyd hoflik. En lojaal. Vir hom, net soos vir my, was lojaliteit belangrik. Toe Kerkbode my die pad laat vat het, was Frits een van die min wat probeer het dat reg en geregtigheid geskied. Ek sal dit nooit vergeet nie. Tevergeefs het hy probeer.

En al het ons later teologies skerp verskil, kon ons mekaar elke keer, wanneer ons mekaar sien, mekaar sonder skaamte in die oë kyk, want daar was wedersydse respek en lojaliteit. Nooit maar nooit het hy my uitgesluit omdat ek anders glo nie, al was dit sekerlik nie vir hom lekker nie.

Frits het ook geweet hoe werk joernalistiek. Meer as party ander redakteurs van Kerkbode deesdae, maar let’s not go there. Hy was ten minste nie ’n bang redakteur nie.

Sag rus Frits. Ek wens soms ons kon ook ’n e-posboek skryf, soos jy en Laurie.

Mooiloop, Frits. Hetsy in die hemel of sommer net tussen die sterre as sterstof. Dit was goed om jou te ken.

Deur Frits het ek Laurie Gaum en Frits se sterk vrou, Henda, ook leer ken. Dit alles het my lewe oneindig verryk. Daarvoor is ek dankbaar.

En mag die bome groen bly
en die sterre wit
en mag daar altyd
mense wees
wat mekaar sonder
skaamte in die oë kan kyk
want die lewe is 'n asem lank
en op die ander plek is dit donker.

- Breyten

Ja. Ek en Frits kon mekaar sonder skaamte in die oë kyk, al het ons verskil.

Lees ook:

Frits Gaum: In memoriam

The post Elders gesien: Frits Gaum, altyd hoflik en lojaal first appeared on LitNet.

The post Elders gesien: Frits Gaum, altyd hoflik en lojaal appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>