Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

Elders gesien: Stem van rede raak stil

$
0
0

Foto van Leopold Scholtz: verskaf aan LitNet

Hennie van Deventer skryf op Facebook:

’n Stem van rede het stil geword, ’n wakker verstand rus nou en ’n gerespekteerde plek in ’n wye gemeenskap wat deur sy insigte verryk is, is veel armer.

Die heengaan van skrywer-joernalis Leopold Scholtz, voorste historikus en politieke denker, op 74 is nie heeltemal onverwags nie. Dit is bekend dat hy die afgelope jare in ’n dapper stryd teen kanker gewikkel was. Tog tref die finaliteit ’n mens hard. Vergeefs gaan jy voortaan in die koerante van Media24 soek na sy gesaghebbende kommentare wat hy – met sy uitgebreide kennis van die internasionae politiek – skynbaar so maklik en vinnig kon uitryg. Jy gaan soek na sy prikkelende saampraat en ewewig oor wat op politieke en kultuurfront in SA gebeur.

Op persoonlike vlak gaan jy die lewensblyheid, humor en ondeundheid, wat agter die waardige fasade van ’n akademikus van stoffasie geskuil het, geweldig mis.

Sy pa, dr GD Scholtz, het spore getrap as koerantman-historikus. Leopold het die Scholtz-nalatenskap verder indrukwekkend uitgebou.

Saluut, kollega. Jy was vir die joernalistiek en Media24 ’n sieraad.

The post Elders gesien: Stem van rede raak stil appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>