Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel

$
0
0

Foto van Franci Swanepoel: verskaf vir hierdie gesprek - https://www.litnet.co.za/abraham-eerste-rolprent-van-jans-rautenbach-30-jaar/

Die sanger Willem Botha skryf op Facebook:

Oeeef, hierdie is seer!

Ek het jou 16 jaar terug ontmoet die aand toe my loopbaan begin het. Jy’t my die volgende dag gebel en ons het lank gepraat. Jy’t my die geleentheid gegee om Fiësta elke keer aan te bied wanneer jy ander verpligtinge gehad het. Jy’t vir my baie deure oopgemaak toe daar nie veel was nie en sedert Sterlopers het ons band so sterk geraak.

Jy was my ma in die bedryf. My lekkerste lag. My mentor. Met wie ek my hart kon deel. Jy’t my elke liewe keer ’n boodskap gestuur as ek op TV was en was my grootste cheerleader.

My respek en liefde vir jou is onmeetbaar en oneindig. Ek gaan jou humorsin mis. Jou bitsige Whatsapps en heen en weer gesels. Maar jy my Fransman moet weet jy los die diepste spore agter op die aarde. Jy was GELIEFD!

Mag die Here jou die grootste drukkie gee. Want ek wens ek kon ook so maak - nog net een keer.

Ek’t jou baie, baie lief. Rus sag, liefste legende!

Lees ook:

Onderhoude oor Abraham: Eerste rolprent van Jans Rautenbach in 30 jaar

The post Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>