Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

Elders gesien: "Wel, Goothbaai, Salie"

$
0
0
Hierdie artikel het oorspronklik as blog op LitNet verskyn.

Melkbos, 2007: Van links is Helgaard Raubenheimer, Hennie van Deventer, wyle Eric Wiese, wyle Salie de Swardt en Ton Vosloo (foto: verskaf deur Hennie van Deventer)

...........
As ek ’n kollega moes kies met wie ek die graagste op ’n verlate eiland uitgespoel sou wou raak, sou die innemende Salie de Swardt ’n sterk kandidaat gewees het. Talryke gedeelde ervaringe sou oorgenoeg raakpunte oplewer vir gesprekke om die lang ure sonder ander geselskap mee om te kry.
...............

As ek ’n kollega moes kies met wie ek die graagste op ’n verlate eiland uitgespoel sou wou raak, sou die innemende Salie de Swardt ’n sterk kandidaat gewees het. Talryke gedeelde ervaringe sou oorgenoeg raakpunte oplewer vir gesprekke om die lang ure sonder ander geselskap mee om te kry.

In die jare ‘70’s met die stigting van Beeld in Johannesburg was ons jare lank ’n tweemansaamryklub vir die sowat 20 km uit die noordweste na Doornfontein: hy uit Fairland en ek uit Randparkrif Uitbreiding 3. Ons was albei stigterslede.

In die ‘80’s, toe die politieke tumult in Afrikanergeledere op sy ergste was, was hy redakteur van Beeld en ek van Die Volksblad. Ons koerante was van die primêre teikens van ver-regse wrewel weens ons sogenaamde liberalisme. Ons kon heelwat notas vergelyk.

Later was ons saam in die direksie van Nasionale Koerante. Vir direksievergaderings in die Kaap het ons albei in die Hotel President in Seepunt tuisgegaan. Saam eet op die vooraand van die vergadering was ’n tradisie.

In die ‘90’s was hy hoof van tydskrifte en ek hoof van koerante. Ons was in buurkantore op die 18de verdieping van die Nasperssentrum aan die Heerengracht. Ons persoonlike assistente, Willa Joubert en Lizette Hanekom, was in ’n gemeenskaplike kantoor met ons aan weerskante.

As lede van Naspers se bestuurspan het ons by allerlei eksotiese bestemmings vergader, byvoorbeeld die Hotel Elephant Hills by die Victoria-waterval in Zimbabwe, die Namibwoestyn by Swakopmund in Namibië en Skukuza in die Krugerwildtuin.

Ons plekke in die Naspers-losies by die twee Nuwelande – rugby en krieket – was net in uitsonderlike omstandighede leeg.

Ons kon saam ’n glasie lig by die notering van Naspers op die Johannesburgse Beurs in 1994. Op die Boeing terug Kaap toe het ons, al hoe vroliker, saam met Andrew Marais, hoof van die skakelafdeling, die een heildronk na die ander op die heuglike geleentheid geklink.

Ek was in 1977 Nieman Fellow aan Harvard in die VSA en hy in 1983. Een van die agterna vreugdes van Niemanskap was ’n jaarlikse aandpakdinee by plekke soos die Wild Coast Casino, die Swaziland Spa en die Mmabatho Inn. Dobbelplekke was toe nog taboe binne Suid-Afrika se grense.

’n Feestelikheid was die bywoning van die Nieman Foundation se glansryke 50ste-verjaardag-fees in Cambridge, Massachusetts. Die besoek is afgerond met ’n gerugmakende reis per huurmotor van Boston na Washington saam met ons gades, Lisa en Tokkie.

..............
Deur die jare het ek en Salie baie pret saam gehad. Die pret op daardie reis kan ’n bundel vul. In daardie motor is baie gelag. Een insident was toe ons, met my aan die stuur, in die deelstaat Maryland ’n verkeerde afrit vat en tot afgryse van ’n klompie mense by ’n buitelugrestaurant rakelings verby hulle skuur.
..............

Deur die jare het ek en Salie baie pret saam gehad. Die pret op daardie reis kan ’n bundel vul. In daardie motor is baie gelag. Een insident was toe ons, met my aan die stuur, in die deelstaat Maryland ’n verkeerde afrit vat en tot afgryse van ’n klompie mense by ’n buitelugrestaurant rakelings verby hulle skuur.

In Washington is ons koninklik in die Suid-Afrikaanse ambassade onthaal. Piet en Lulu Koornhof was die ambassadeurspaar. Hul kleuterkleinkind was op besoek. Speelgoed was oral op die ambassade se vloere gesaai.

Einde 1997 het ek afgetree. Salie het nog ’n dekade by Naspers gebly en die hoog geagte besturende direkteur van die nuwe Media24 geword. Die sien het minder geword. Die De Swardts het wel ’n keer in Sabiepark kom kuier. Elke jaar in Desember is ’n vleisbraai vir oud-Beeld-mense by hul pragplasie Akkerdraai buite Stellenbosch aangebied. Dié het ek graag bygewoon solank dit vir my moontlik was. By sovele ander onthale was ons tafelgenote.

Van Salie sou ek by sy skielike heengaan in ’n hotel in Londen hope anekdotes kon uitryg. Hy was by al sy gravitas iemand met ’n onblusbare humorsin. Waar hy was, was luimigheid nooit ver nie.

.............
Van Salie sou ek by sy skielike heengaan in ’n hotel in Londen hope anekdotes kon uitryg. Hy was by al sy gravitas iemand met ’n onblusbare humorsin. Waar hy was, was luimigheid nooit ver nie.
..............

Ek gaan my tot twee stories beperk. Die een is in besonderhede opgeteken in mede-Nieman Michael Green se memoires, Around and about. Die geleentheid was ’n Nieman-banket by die Wild Coast Sun. Dit gebeur toe dat Salie laataand by sy suite se skuifdeure uitstap vir vars lug. Hy betrap ’n paartjie op die helder verligte grasperk voor hom volstoom gemoeid in wat Green Ugandan “discussions” noem – dit nav ’n Ugandese gesant en sy sekretaresse wat in ’n lastige situasie betrap is. Sy verduideliking was: “We were having discussions.”

Nietemin, Salie, wat ’n storie met oorgawe kon vertel, is daardie naweek telkens opgeroep om sy waarnemings met ons ander te deel.

By sy afskeid by Beeld het hy aangeknoop by ’n rubriek van Albert Crafford in Die Beeld oor die week se dinge by die parlement. Een vermeldenswaardigheid was die besoek van ’n Rus, ene Popof. ’n Ander was die Spoorwegbegroting waarin die minister, Ben Schoeman, telkens die Duitse digter Goethe aangehaal het en hom Gooth genoem het. Craffie sluit toe sy rubriek af: “Wel, Goothbaai, ek moet nou Popof.” So het Salie ook sy toespraak afgesluit. En so sluit ek hierdie skrywe af: Goothbaai, Salie, dierbare vriend en kollega.

The post Elders gesien: "Wel, Goothbaai, Salie" appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472