Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

Vir Crystal, van Antoinette: in memoriam

$
0
0

Antoinette Louw en Crystal-Donna Roberts (foto: verskaf)

Donderdag 28 Februarie 2025, 13:00.

Ek tik op WhatsApp:

Queenie. Het alles mooi beplan om Vrydagaand vir jou in die hospitaal te kom kuier. Nou hoor ek JY GAAN HUIS TOE!!!!!!

So happy. You are in my heart ALL the time.

You will be overflowed with visitors over the weekend, I’m sure. So I’ll wait a bit. Give you some rest. I’ll check with Schalk and Monique when is best to visit.

Dit was my laaste boodskap aan jou. Of jy dit ooit gelees het, weet ek nie. Want jy blue tick nie jou boodskappe nie. Jy’s heeltemal te privaat om vir mense te laat weet of jy boodskappe lees of nie. Jy was nog altyd heilig oor jou  tyd.

Kort daarna laat weet Schalk jy is te moeg om enige besoekers te ontvang.

Toe weet ek. Eintlik het al geweet toe jy begin beter word in die hospitaal na die ses liter se bloedoortapping. Toe hulle jou huis toe stuur. Want ek weet dat mense voor hulle heengaan soms ’n oplewing kry. Maar ek het toegelaat dat ek in die opgewondenheid van hoop meegesleur word. Ons almal was opgewonde. En hoopvol.

Boodskappe het heeltyd rondgevlieg, Crystal. Ek wens jy kon dit sien. Hoe almal bymekaar gestaan het. Vir jou. En oor jou. Ek dink nie ek het al ooit gesien hoe een mens so geliefd kan wees nie. Deur elke mens wat met jou in kontak kom. 

En toe ek ’n week later vroegoggend die nuus kry van jou afsterwe, het ek in stille skok gegaan. Want ek was nog hoopvol. En toe die realiteit my tref, het ek my in my kleedkamer gaan toemaak. Die pyn was te groot. En net vir ’n oomblik alleen wees saam met jou. En ek het geween.

Dit was die enigste tyd wat ek kon. En myself toegelaat het om die oorweldigende pyn te voel. Want ek moes die res van die dag werk, jy sien. En jy weet, en ek weet: “The show must go on.” No matter what. Al wou ek skree: “Hoe de hel kan ons aangaan? Weet julle dan nie?! Crystal is dood.”

Maar dis nie wat jy sou wou gehad het nie. Want die storie is altyd groter en belangriker as die akteur. You always honoured the story.

Ek kan aan- en aangaan oor jou talent. Het ek al ooit vir jou gesê daar was menigmaal tye wat ek jaloers was op jou? Op jou talent. Jou skoonheid. Genade, daai foto van jou by die Venice Film Festival? Maar ja, ek was ook jaloers. Dis enige akteur se droom.

But you did it. YOU did it.

.............
Want ek weet ook hoe bang jy was. Vir die mense. Vir die aandag. Jy hou nie van crowds nie. Dit laat jou angstig voel. Jy verkies eintlik om by die huis te wees saam met jou man.
En jou seun.
................

Want ek weet ook hoe bang jy was. Vir die mense. Vir die aandag. Jy hou nie van crowds nie. Dit laat jou angstig voel. Jy verkies eintlik om by die huis te wees saam met jou man.

En jou seun. Die seun wat joune geword toe jy getrou het. Hy was nog klein. Vier? Vyf? Jy het jouself in die badkamer gaan toemaak. In absolute vrees vir die kleine mensie. Nie geweet hoe de hel jy ’n ma gaan wees nie. Maar jy wás een – ’n ongelooflike een. Jou oë het elke keer opgehelder van liefde en bewondering wanneer jy sy naam genoem het.

You did it.

En dan was daar die vrees om in motors te ry. Want taxi’s was vir jare en jare jou enigste vorm van vervoer. Dit was traumaties vir jou – en ons almal weet hoe taxi’s bestuur word. Daar bestaan nie iets soos padreëls nie. En tog het jy met vertroue laat ons jou rondry. Ten spyte van.

............
En dan was daar die vrees om in motors te ry. Want taxi’s was vir jare en jare jou enigste vorm van vervoer. Dit was traumaties vir jou – en ons almal weet hoe taxi’s bestuur word. Daar bestaan nie iets soos padreëls nie. En tog het jy met vertroue laat ons jou rondry. Ten spyte van.
..............

You did it.

Het ek ook ooit vir jou gesê hoe mooi jy vir my is? Dat ek soms net vir jou kon staar. Jou fisieke skoonheid indrink. Jy was trots op jou natuurlike krulkop. Maar dit was ’n reis om tot daar te kom. “Ek was nog altyd te donker, my hare te krul, en my neus te plat om mooi te wees, Antoinette.”

You did it.

Jy het op soveel vlakke vrese oorkom. Om jouself vry te maak. En outentiek te leef soos net jy kan. En dit was aansteeklik.

En sal altyd wees.

Jy is en was ’n ligwerker, Crystal-Donna Roberts.

My Queen.

My hart is in stukke.   

Lees ook:

Elders gesien: My hart is stukkend, Crystal-Donna Roberts

 

The post Vir Crystal, van Antoinette: in memoriam first appeared on LitNet.

The post Vir Crystal, van Antoinette: in memoriam appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>