Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

Elders gesien: Joha se afsterwe is ’n reuseverlies vir Afrikaans

$
0
0

Rina Gous skryf op Facebook:

In September 2022 het ek en Annecke die voorreg gehad om Joha van Dyk by The Book Keeper Shop te ontmoet. Ons het toe albei reeds haar eerste twee boeke gelees en was vasgevang in die stories en haar talent. Sy en Annecke het dadelik gekliek en gesels soos net twee jong vroue kan. Annecke het ook die voorreg gehad om ’n onderhoud met haar te voer vir Stefaans Coetzee se radio program.

Joha se afsterwe is ’n reuseverlies vir Afrikaans en spesifiek ons jongvolwassenemark wat haar so nodig het. Ons onthou haar veral vir haar ongelooflike talent en inspirasie – sy is deel van Annecke se studierigtingbesluit. Maar ook onthou ons haar vir haar onblusbare lewenslus, reuse-entoesiasme en sonskynpersoonlikheid. Ons innige simpatie aan haar ouers, familie, geliefde en vriende.

Rina Gous, Joha van Dyk en Annecke Gous

Lees ook:

Elders gesien: Dit moet ’n ander Joha wees

Elders gesien: Dit was ’n voorreg om Joha se werk uit te gee

The post Elders gesien: Joha se afsterwe is ’n reuseverlies vir Afrikaans first appeared on LitNet.

The post Elders gesien: Joha se afsterwe is ’n reuseverlies vir Afrikaans appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>