My laaste WhatsApp-boodskap wat Abel gelees het (20 Junie 2021):
En vandag het die boek aangekom – ’n kosbare geskenk ... Saam met – net ’n uur of wat daarna – die skokkende nuus van Abel se dood.
Ons het gedurende die tyd waarin ek en hy voorbereiding gedoen het met e-posse vir lang en diep tye gesels oor my wakkerwordlewe, sy insig en watter vrae, antwoorde en gedigte ons sal insluit in die Zoom-gesprek en LitNet-onderhoud.
Vir my is dit ’n hoë boom wat geval het. Saam met Abel het ek ’n bevrydingspad geloop aan die hand van sy wysheid en agtergrond. Ek salueer hom en is dankbaar vir sy vernuwende spirituele insette op my horison.
Nou sal ek die boek moet lees sonder om daaroor met hom te kan gesels. Maar die herinneringe aan hom sal my bybly wanneer ek sy nuwe woorde lees, en ek is seker ek sal sy stem en stil laggie kan hoor.
Lees ook:
Spiritualiteit: ’n gesprek tussen Abel Pienaar en Estelle Kruger
The post My wakkerwordpad saam met Abel Pienaar appeared first on LitNet.