Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

Persverklaring: Koelsoem Kamalie oorlede

$
0
0

Koelsom Kamalie (foto: verskaf)

Koelsoem Kamalie is op Saterdag 11 April oorlede.

Dié tannie van Bonteheuwel het luisteraars van RSG aan haar lippe laat hang met die heerlike resepte wat sy gedeel het, haar humor en die reguit manier waarop sy kon praat.

Alles het begin toe Riaz Kamalie, haar seun, eendag vir Amore Bekker ’n e-pos gestuur het om te sê sy ma kan lekker kook. Amore moet haar bel.

Amore het. Dit was die begin van groot dinge. Koelsoem Kamalie het ’n gereelde deelnemer op Amore Bekker se Tjailatyd geword.

Einste rondom Paasfees het die ander tannie van Bonteheuwel aan Amore en haar luisteraars bekend geword. Amore wou ’n kerrievisresep hê, toe sê Koelsoem: "Nee, ek is Slams, maar my vriendin Flori is Kris. Bel haar."

So het dit gebeur dat Flori Schrikker ook gereeld resepte gedeel het daar uit Bonteheuwel. Luisteraars het begin vra vir meer.

LAPA het die tannies genader en met Amore Bekker se hulp het Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se eerste boek Kook saam Kaaps ’n wegholsukses geword. Dit was meer as ’n jaar lank sonder ophou op Nielsen se Top100 vir niefiksie, waar dit met al die groot oorsese koekboeke meegeding het.

Die TV-reeks, Flori en Koelsoem se kosse, met Nina Swart as aanbieder, was eweneens ’n enorme sukses.

Die tannies het ’n tweede boek, Soettand, by LAPA uitgegee en het ook ’n tweede TV-reeks gemaak.

Koelsoem Kamalie word oorleef deur haar man, oom Osman, vier kinders en haar pragtige kleinkinders.

  • Kyk na foto’s van feeste waar Koelsoem Kamalie gekuier het:

’n Fraksie van die US Woordfees in kiekies

Foto's: Vrystaat Kunstefees 2017

The post Persverklaring: Koelsoem Kamalie oorlede appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>