Quantcast
Channel: In memoriam - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 472

In memoriam: Chris Brunette (1961–2020)

$
0
0

 

Chris Brunette (foto verskaf deur Etienne van Heerden)

Chris Brunette, vryskutredaksielid van LitNet, is op 25 Maart 2020 oorlede. Etienne van Heerden skryf op 25 Maart 2020 op Facebook:

Chris Brunette, gewaardeerde LitNet-redaksielid wat sedert die bronstydperk van die internet in Suid-Afrika by LitNet betrokke was (en later ook by my ingeskryf het as student van hiperpoësie aan die UK), is vandag tydens middagete oorlede. Hy was baie lojaal aan LitNet, en in die beginjare, 20 jaar gelede, as medebestuurslid van LitNet aan MWEB se kant kardinaal vir ons oorlewing. In die maatskappypolitiek rondom die beginjare van die internet was hy steady en nootvas. Dit was voordat die koerante internetwerwe gehad het. Voor Facebook en blogs en Twitter. Ons het iets sien kom, maar nie geweet wat dit sal wees nie. Dit was letterlik die oopveg van ’n nuwe ruimte. Ek onthou tye van baklei in die Tygervallei-kwartiere van die jong internetafdeling van die Groep en een noemenswaardige laatnag van stry met 'n MWEB-bigwig destyds in La Perla, Seepunt. Chris, in die teenwoordigheid van daardie baas van hom, understated en sag. Maar erg beslis oor LitNet se waarde en groot ondersteuning vir my. Ten tye van sy dood het hy nog ’n belangrike rol as redaksielid gespeel. Hy was ’n liewe en sagte mens, ’n gentleman in die bedryf, en iemand baie, baie besonders. Meelewing aan Alfred en sy familie en wye vriendekring. Ek hoop Chris se gedigte sal postuum in boekvorm verskyn.

Hier is sy agtergrond:

Chris Brunette is in 1961 in Durban gebore. Hy het in 1984 as maatskaplike werker aan die destydse RAU (nou Universiteit van Johannesburg) gegradueer en werk etlike jare as bedryfsmaatskaplike werker voordat hy ’n loopbaan in die joernalistiek betree. In 1996 verhuis hy na Kaapstad en werk as TV- en vermaakskrywer vir HuisgenootYOU en Drum en as internetjoernalis en inhoudsbestuurder vir die destydse 24.com en MWEB. Hy verdiep hom ’n tyd lank in internetstrategie en -bemarking vir die reklamehuis Foote, Cone & Belding (FCB) en verwerf in 2003 ’n honneursgraad in Afrikaans en Neerlandistiek met onderskeiding aan die UK, waarvoor hy die Hertzog-beurs verower. Hy aanvaar die pos as inhoudsbestuurder van LitNet in 2005 en voltooi in dieselfde jaar ’n meestersgraad in Afrikaans en Neerlandistiek met lof aan die UK onder die mentorskap van Etienne van Heerden, asook in die kreatiewe skryfkunde onder Joan Hambidge. Enkele van sy gedigte is opgeneem in Party van ons (2001), As die son kom oogknip (2002), Honderd dichters 9 (2005) en My ousie is ’n blom (2006). In 2006 lei hy ’n spesiale poësieprojek van LitNet, Vonkverse, by die KKNK. Hy het voor sy afsterwe in Kaapstad gewoon, waar hy onder andere nuwe skryfwerk en spesiale projekte vir LitNet behartig het.

The post In memoriam: Chris Brunette (1961–2020) appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 472


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>